WORD FROM THE CHAIRMAN

Veeskool sit Vee produsente op heel ander vlak

Hoe meer ‘n mens met vleisbeesboere praat, hoe duideliker word dit dat diegene wat die Aldam Veeskool gereeld bywoon, op ‘n heel ander vlak as ander boere in Suider-Afrika geplaas word, danksy die kennis wat hulle van moderne boerderymetodes inwin. Vanjaar se tema – deelname aan die rooivleiswaardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke – gaan kursusgangers nóg meer bemagtig.

Indien ‘n mens terugkyk na die temas en inhoud van die vorige agt vleisbeesskole, kom ‘n mens agter dat die skool voortreflik aan sy mandaat voldoen om die betrokkenes in die rooivleis-waardeketting nader aan mekaar te bring; vanaf opkomende, kommersiële en stoetboer tot voerkrale, abattoirs en handelaars.

Die skool rus plaaslike lewendehaweprodusente ook toe met toepaslike kennis om internasionaal mededingend te wees. Die negende Veeskool vind van 18 tot 20 Oktober by die Aldam-vakansie-oord tussen Ventersburg en Winburg onder die vaandel van die Lewendehawe Registrerende Owerheid plaas.

Vorige temas van die skool, soos voerdoeltreffendheid, het totale nuwe denke na Suider-Afrika gebring betreffende die meet van hierdie eienskap. Dit sluit reproduksie in wat veroorsaak dat telers nie meer op die basis van oudmodiese eienskappe selekteer nie. Verlede jaar se tema van vleiskwaliteit en die behoeftes van die verbruiker het die toonaangewende rolspelers in die rooivleisbedryf die nodige insig gegee om te verstaan dat ons waarde tot ons produk kan toevoeg om sodoende meer geld vir almal in die waardeketting te verdien.

Vanjaar se tema – deelname aan die rooivleiswaardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke – gaan nóg meer fokus plaas op wat die lewendehawebedryf kan doen om daadwerklik meer professioneel te boer.

Kleinveeboere

Opnames het getoon dat ‘n beduidende getal van die kursusgangers ook ‘n kleinveeboerdery het. Dus het die organiseerders besluit om die skool aan te pas om ook aan hul behoeftes te voldoen. Hoewel meeste van die hoofsprekers se lesings generies van aard is en algemeen oor rooivleisproduksie gaan, word sessies beplan wat spesifiek in skaap- en bokboere se smaak sal val.

Soos altyd word die beste internasionale sprekers na die Veeskool genooi, wat twee buitelandse kenners insluit. Die een spreker is mnr. Don Schiefelbein, lid van ‘n gesin van nege broers wat een van Amerika se grootste vleisbeesboerderye in die staat Minnesota behartig. Die boerdery is in 1955 begin en het mettertyd gegroei tot ‘n reusagtige onderneming om plek vir die nageslag te skep.

Die ander buitelander is mnr. Jason Strong, hoof van die AA Company in Australië, een van die wêreld se grootste vleisbeesboerderye wat die hele waardeketting dek, wat uitvoer insluit.

Soos altyd word die skool ook deur verskeie plaaslike kenners van rooivleisproduksie versterk.

Die jaarlikse blootstelling van die plaaslike rooivleisbedryf en veral veeboere aan die wêreld se voorste kenners, plaaslike leierboere en ander belangrike rolspelers soos die handel, stel alle betrokkenes in die waardeketting in staat om ál meer waarde uit die rooivleisbedryf te verkry.

Dr Michael Bradfield (Organiseerder)
Geskryf deur Mnr Charl Van Rooyen (Landbouweekblad)

_________________________________________________________________________________________________________________________________________

Stockman’s school takes Livestock producers to a completely new level

The more you speak to livestock producers, the more you realize the benefit of attending the Stockman’s school, and the knowledge gained this year school will put you at a completely different level as a producer. The theme: participation in the Red Mead Value chain through improved precision management practices – will be other opportunity to move your farming enterprise forward.

The school covers all aspect of the value chain and continues to succeed in its mandate to get role players to work a lot closer together, from emerging producer through to retail. The 9th Stockman’s school takes place at the Aldam resort between Ventersburg and Winburg, under the auspicious of the Livestock Registering Federation.

Previous themes of the school included “feed efficiency’’, “reproduction efficiency” and a “value chain approach”. Producers that attended these schools have a completely different understanding of each of these aspects and realize for example that FCR (Food Conversion Ratio) should not be used in a stud herd, but that they should rather use newer traits such aa feed intake.

Smallstock

Our Surveys has shown that a significant component of the participants also run smallstock. Although most of the sessions are generic, there will be sessions from this year onward that specially aims to include small stock.

We will again have nearly 20 local speakers and two international speakers. From the USA, we have Don Schiefelbein, who comes from a family of nine brothers and who runs one of the largest stud enterprises. From Australia we have Jason Strong, CEO of AA the Company, one of the largest livestock enterprises that covers the whole value chain.

We look forward to your participations this year. As I write this letter we already have about 50 applicants and expect a full house once again.

Dr Michael Bradfield (Convener)
_________________________________________________________________________________________________________________________________________

Suider-Afrika is deel van wye wêreld

Die wye wêreld is danksy tegnologie en moderne kommunikasie- en vervoermiddels nie meer iets groots daar buite nie, maar iets waarvan Suider-Afrika ‘n daadwerklike deel is. Daarom was dit interessant om op die vorige Aldam Veeskool na kundiges op die gebied van vleis en die gehalte en bemarking daarvan te kon luister.

Hierdie kundiges was uit Amerika, Australië en Engeland en die ooreenkoms en inhoud van hul lesings het my laat besef dat ons in Suider-Afrika ook deel kan en van “hul wêreld” moet wees.

Hoewel talle aspekte in die vleisbedryf bespreek is, was dit duidelik dat die drie gassprekers se boodskap by die tema van die skool, naamlik fokus op die verbruiker se verwagtinge, aangesluit het; nie net omdat dit die tema was nie, maar omdat die konsep die hooffokus is waarvolgens die drie lande hul vleisbemarking doen. Dit was duidelik dat die sukses van die lande se rooivleisbedryf toegeskryf kan word aan die feit dat hulle weet wat hul verbruikers wil hê.

Dit is belangrik om marknavorsing te doen om die verbruiker se behoeftes en verwagtinge te bepaal. Alles het dui daarop dat die verbruiker ‘n spesifieke verwagting het en dat die verbruiker daardie verwagting wil bevredig, al moet hy/sy ‘n premie daarvoor betaal. Dit onderstreep die behoefte aan ‘n vleisgraderingstelsel wat vir die verbruiker gemoedsrus sal gee. So ‘n stelsel op die vlak en stadaard van by voorbeeld Meat Standards Australia is baie duur en omslagtig om in werking te stel, maar ons behoort beslis iets bykomend tot die huidige vleisklassifikasiestelsel in Suid-Afrika in te stel.

Ander hoogtepunte tydens die week was om te leer watter faktore alles ‘n invloed op die gehalte van vleis het. Dit strek vanaf die grootmaak van vee (produksiestelsels), vervoer en hantering tot die slagproses en alles wat daarna met die karkas gebeur. Daar is ook geraak aan ander aspekte wat die gehalte van vleis en die uiteindelike eet-ervaring beïnvloed, soos marmering, wat een van die belangrikste faktore is wat tot ‘n bevredigende eet- ervaring bydra. Dit is ook ‘n genetiese eienskap waarvoor produsente kan selekteer.

Ons as produsente moet ophou om te sê ons teel net waarvoor ons betaal word, naamlik geklassifiseerde vleis volgens gewig. Vleisbeesboerdery gaan nie net oor teling nie, maar die produksie van geurige, sappige vleis tot bevrediging van die verbruiker se verwagtinge. Produsente behoort onderrig te word in hoe om diere te teel wat die genetiese eienskappe het wat daaraan voldoen.

Toekomsvisie

‘n Ander aspek wat bespreek is, is die groot aantal rolspelers in die rooivleisbedryf wat op die Veeskool bymekaar gekom het om oor ‘n toekomsvisie te besin. Byna al die vername rolspelers en organisasies in die bedryf was teenwoordig. Hierdie organisasies doen reeds reuse werk in die bedryf met spesifieke dissiplines waarop hulle fokus.

Dit was egter duidelik dat daar ‘n behoefte is om op gestruktureerde wyse saam te werk ten einde te verseker dat die rooivleisbedryf kan uitbrei op plaaslike vlak, maar ook op internasionale vlak. Ek glo vas ons het ‘n produk wat in die wêreldarena kan kompeteer. Vleisprodusente glimlag tans breed oor die hoë vleispryse wat behaal word as gevolg van ‘n kleiner aanbod en steeds redelike goeie vraag. Boere is na die droogte besig om kuddes te bou en hul reproduksievlakke weer op te stoot, wat beteken dat die aanbod gaan toeneem.

Dit is van kardinale belang dat produsente hul produk op ‘n internasionale mark moet kan bemark, verkieslik in die hoëwaardesegment van die mark, en buitelandse valuta verdien. Om daarin te kan slaag, sal ‘n behoorlike naspeurbaarheidstelsel, gesondheidsprotokol en vleisgraderingstelsel geïmplementeer moet word sodat die verbruiker – plaaslik of internasionaal – met vertroue Suid-Afrikaanse beesvleis sal koop en op ʼn bevredigende eet-ervaring kan staatmaak.

Mnr. Kobus Bester (voorsitter van die Lewende Hawe Federasie).
Artikel gekryf deur Charl van Rooyen (Landbouweekblad)

© Copyright – Aldam Stockmanschool | Website Developed by OOWEBOO WEB ENGINEERS