2012 Vleisbeesskool
17 – 19 Oktober 2012
Woord van die sameroeper
Die 2011Vleisbeesskool beloof om weereens 'n gebeurtenis in die vleisbees kalender te wees wat nie misgeloop mag word nie. Ons het reeds twee van die wêreld se heel beste vleisbees kenners bevestig om op te tree as gassprekers. Met 19 plaaslike sprekers sal jy nie n soortgelyke vleisbeesbyeenkoms in die wereld vind nie.
Dit het ons drie jaar gevat om Lee Leachman, waarskynlik die wêreld te grootste stoetteler, te oortuig om as 'n gasspreker by vanjaar se skool op te tree. Lee kom met 'n rykdom van ondervinding in die veeteelt besigheid. Kry 'n idee van wie Lee Leachman is deur om hierdie webblad te lees of op ons eie LRF Nuusbrief . Die persverklaring is hier beskikbaar.
Die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO), Molatek en Nasionale Departement van Landbou (NDL) het hulle daartoe verbind om hulle leier vleisbeesprodusente na die skool te stuur. Ek stel voor dat jy jou bespreking vroeg inkry. Vir die eerste keer is n afslag op vroeë registrasie ook van toepassing. Jy kry R500 afslag indien jy voor die einde Julie bespreek.
Die skool sal weer alle onderwerpe dek; vannaf voeding, gesondheid, teling, bestuur, weiding praktyke en baie meer. Die program ge-offer is anders as die vorige skool met nuwe onderwerpe en nuwe spreukers. Ons sal ons webblad opdateer soos die program gefinaliseer word.
Ons sien daarna uit om u by hierdie jaar se skool te hê. Dit beloof 'n pret byeenkoms te wees gepak met die heel beste inligting.
Dr Michael Bradfield
Sameroeper, Aldam Vleisbeesskool
2012 Vleisbeesskool vir beginner boere
Laai asb. meer informasie hier af
Kliek om te vergroot
2010 Vleisbeesskool
Terugvoer
“Ek kan eerlik sê dat Aldam Vleissbeesskool, die beste vleisbeesindustrie opleidingsgeleentheid was wat ek in die afgelope 20 jaar bygewoon het. Die skool beloof om voortaan ‘n ‘moet bywoon’ geleentheid te word vir alle toonaangewende vleisbeestelers in Suider-Afrika"
PA Rickards OAM Besturende Direkteur ABRI

