Terugvoer
Terugvoering van bywoners van die Vleisbeesskool:
“Ek kan eerlik sê dat Aldam Vleissbeesskool, die beste vleisbeesindustrie opleidingsgeleentheid was wat ek in die afgelope 20 jaar bygewoon het. Die skool beloof om voortaan ‘n ‘moet bywoon’ geleentheid te word vir alle toonaangewende vleisbeestelers in Suider-Afrika" - PA Rickards OAM Besturende Direkteur ABRI
“Ons wil die bestuur van die LRF en Breedplan SA baie gelukwens met ’n besonders geslaagde aanbieding te Aldam. Julle sprekers was uitstaande en die verrigtinge was goed georganiseer.” – L Labuschagne (President Brahman Vereniging)
“Ek wil julle net weereens bedank vir die uitstekende Beesskool aanbieding. Dit is vir my belangrik dat ons die beesboer beter moet oplei om seker te maak die bedryf bly winsgewind. Die onderwerpe was puik. Ek persoonlik en my mense het gehou van die praktiese gedeelte wat aansluit by die teorie.”- Joel Heroldt Molatek
“Dit was beslis een van die beste opleidingsessies wat ek die afgelope paar jaar bygewoon het. Ek wil u geluk wens met uitstekende onderwerpe en uitstekende sprekers, wat hul onderwerpe professioneel oorgedra het aan diegene wat die skool bygewoon het.” – Rudi van der Westhuizen (C.E.O. South African Meat Industry Corporation)
"Opkomende produsente sal die skool baie insiggewend vind. Jy ontmoet top landbouprodusente en die klein groepe lei daartoe dat die praktiese sessies meer interaktief is." -** Abel Naphtaly, Opkomende Produsent van die jaar, 2007.
“Die Vleisbeesskool is ‘n moet vir elke kommersiële-en Stoetteler – prakties sowel as teorie”- **Ferdie Naude Limousin/Brangus
“Alle veeboere kan voordeel trek uit die skool, kommersiële-, opkomende- en stoetboere. Daar is baie sessies en die jongste boerdery metodes word ook bespreek.” - Prof Frikkie Neser, Universiteit Vrystaat
