Die Sprekers

Mnr. Lee Leachman Mnr. Lee Leachman is ‘n stigterslid en hoofbestuurder van Leachman Cattle van Colorado in Amerika. Hy het ‘n graad in die ekonomie aan die Harvard-universiteit behaal. Sy onderneming verkoop meer as 1 000 bulle per jaar, o.m. Angus, Rooi Angus, Charolais, Simmentaler en stabiliserende saamgestelde rasse. Die Leachman handelsmerk is vir drie geslagte sinoniem met teelmateriaal van gehalte.


Mnr. Ian Crook Mnr. Ian Crook is die nasionale hoofbestuurder van Pick ‘n Pay-slaghuise. Onder sy leiding het die gehalte van beesvleis wat in Pick ‘n Pay se winkels aangebied word, merkbaar verbeter. Die onderneming verkoop jaarliks meer as 60 000 ton vleis.


Prof. Frikkie Neser Prof. Frikkie Neser is ‘n professor aan die departement van diere-, grasland- en wildwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat. Prof Neser is die skrywer en/of medeskrywer van meer as 230 wetenskaplike en populêre publikasies in nasionale en internasionale joernale. Hy is aktief by die vleisbeesbedryf betrokke.

Dr. Andrew Magadlela Dr. Andrew Magadlela is die hoofbestuurder van die LNR se Instituut vir Veeverbetering, Irene. Die LNR is Afrika se voorste navorsingsinstituut. Dr. Magadlela het sy doktorsgraad in Veeproduksie aan die Universiteit van Edenburgh, Skotland, behaal.

Mnr. Martin Seyfferdt Mnr. Martin Seyfferdt is hoof van die Suid-Afrikaanse Tussenrasbeoordelaarskomitee en een van die voorste beesbeoordelaars in Suider-Afrika wat by verskeie geleenthede uitgenooi is om internasionaal op skoue te beoordeel.

ImageDescription Mnr. Thys Meyer is ‘n vleisbeesboer met ‘n omvattende kennis van die praktiese implementering van die moderne teeltegnologie. Hy spesialiseer in die samestelling van seleksie-indekse.

Dr. Rick Mapham Dr. Rick Mapham is ‘n senior vennoot van Veterinary House cc, in Pietermaritzburg. Hy het wye ondervinding in die veebedryf deurdat hy plase van ‘n veevoervervaardigingsonderneming in die Oos-Kaap bestuur het en stel veral belang in die mediese versorging van produktiewe diere. Hy tree as raadgewer vir van SA se voerkrale op.

Mnr. Wolf Edmayr Mnr. Wolf Edmayr is die hoofbestuurder van BKB wat ‘n breë kliëntebasis het. Die onderneming hanteer en bemark ‘n wye reeks landbouprodukte en staan bekend as Die Tuiste van Landbou.

Dr. Roger Hunsley Dr. Roger Hunsley is ingesluit in Amerika se beroemde Livestock Breeders Hall of Fame. Hy het verskeie boeke oor diereteelt geskryf en het vleisbeeste op skoue deur die hele Amerika, Kanada, Australië en Suid-Amerika beoordeel. Sy boek Livestock Judging, Selection and Evaluation, word deur die wêreld as rigsnoer gebruik. Hy is nou as raadgewer by verskeie groot vleisbeesondernemings in Amerika betrokke.

Dr. Chris van Dijk Dr. Chris van Dijk is ‘n spesialisveearts in beesgesondheid en stel veral belang in die vleisbees-, melkrasse en voerkrale. Hy is bestuurder van die afdeling Veeartsenydiens by Pfizer Dieregesondheid. Hy is verantwoordelik vir kuddegesondheid en TV-programme vir die SABC en ander televisie- en radiostasies.


Dr. Vlok Ferreira Dr. Vlok Ferreira is die nasionale tegniese bestuurder van Molatek Dierevoere en stel veral belang in die voeding van en bestuurstelsels vir herkouers. Hy het al verskeie artikels in landboupublikasies geskryf en is verantwoordelik vir produkgehalte en –prestasie.

Prof. Kevin Kirkman Prof. Kevin Kirkman is die vise-dekaan van die Fakulteit Landbou aan die Universiteit van KwaZulu-Natal wat veral belangstel in die weidingswetenskappe met die klem op veldbestuur. Hy is die mede-skrywer van ‘n boek oor veldbestuur. Hy is ‘n kenner op die gebed van stelsels vir die bestuur van die veld.

Mnr. Peter Milton Mr Peter Milton is opgelei as ‘n dierewetenskaplike en hy bedryf nou ‘n onderneming wat toerusting verkoop om diere mee te onthoring, tatoeëer en te brand.

Mnr. Francois de Chalain Mnr. Francois de Chalain is betrokke by Taltec wat beeshanteringstoerusting maak. Hy sal prakties demonstreer hoe krale opgerig en hanteringstoerusting gebruik moet word.

Dr. Morné de la Rey Dr. Morné de la Rey is die direkteur en veearts van Embrio Plus, die grootste embrio sentrum in Afrika. Hy spesialiseer in Embrio oordrag, spermkolleksie en KI in vee. Hy is ook betrokke by die uitvoer van embrio's regoor die wêreld soos bv. Australië, Kanada, VSA, Suid-Amerika en Afrika. Embrio Plus het baie bekendheid verwerf in 2003 deur hulle betrokkenheid by Futhi, die eerste gekloonde kalf in Afrika.

Mnr. John Devonport Mnr. John Devonport is die hoof van ‘n groot finansiële onderneming en is ‘n kenner van finansiële beplanning. Hy sal verduidelik hoe ‘n eenvoudige sakeplan opgestel word en die finansiële aanwysers in ‘n beeskudde bespreek in ‘n taal wat boere verstaan. Mnr. Devonport is self ‘n suksesvolle vleisbeesboer.

Dr. Munro Marx Dr. Munro Marx is die hoofbestuurder van Unistel Genetiese Laboratoriums en is ‘n kenner van die praktiese gebruik van DNS in beeskuddes. Unistel is SA se leidende voorsiener van DNS vaderskaps- en genetiese merkerdienste in Suid-Afrik

Me Estelle van Reenen Me Estelle van Reenen is die hoofbestuurder van SPARTA Beef. SPARTA is ‘n vooraanstaande verskaffer van beesvleisprodukste in Suid-Afrika. Die onderneming bedryf ‘n voerkraal, plaas, slagplaas en vleisverwerkingsaanleg. Sy sal die pad van vleis van die plaas na die verbruiker bespreek.


Dr. Langa Simela Dr. Langa Simela is die projekbestuurder: Boere-ondersteuning en jeugontwikkeling asook ‘n uitvoerende direkteur van Nerpo. Sy verteenwoordig die ontluikende veeboere in Suid-Afrika. Sy is as wetenskaplike opgelei en stel veral belang in gemeenskapsontwikkeling en om ontluikende vleisbeesboere meer kommersieel te oriënteer.


Mnr. JP Landman Mnr. JP Landman is 'n politieke en neiging-analis.Sy fokusareas is tendense in die politiek, ekonomie, sosiale kapitaal en die wisselwerking van demografie en ekonomiese groei.